Welkom by die ACVV George Dienssentrum vir bejaardes
saam in diens van die gemeenskap
Die ACVV George is 'n welsyns organisasie wat reeds seders 1917 'n besondere en ontbeerlike diens aan die gemeenskap van George en omgewing lewer.
ACVV George
Dienslewering sedert 1917
By ACVV George glo ons in ondersteuning, omgee en praktiese dienslewering aan kinders, gesinne, ouer persone en die breër gemeenskap.
As deel van die ACVV-netwerk, werk ons daagliks daaraan om mense te ondersteun, te beskerm en te ontwikkel.
Die nasionale ACVV se kernfokus is: “We nurture, protect and develop those in need.
DIENSTE
Omgee. Ondersteuning. Gemeenskapsdiens.
Byekorf Dienssentrum
Ondersteuning vir ouer persone deur bekostigbare maaltye, gesondheidsdienste, geestelike programme, fiksheidsklasse, sosiale aktiwiteite en gemeenskapsprogramme.
Huis Harmonie
Wooneenhede vir ouer persone wat steeds selfversorgend is, met Byekorf Dienssentrum naby vir addisionele ondersteuning.
Vinknes Kleuter- &
Pre-primêre Skool
’n Liefdevolle, veilige en stimulerende omgewing vir kinders vanaf 3 maande tot Graad R.
Maatskaplike Dienste
Professionele ondersteuning aan individue, families en gemeenskappe deur onder andere familieberading, pleegsorg, kinderbeskerming, ouerleiding en gemeenskapsontwikkeling.
saam bou ons hoop
deur omgee, ondersteuning en gemeenskapsbetrokkenheid bring ons hoop waar dit die nodigste is.
Ons glo dat klein dade van liefde groot verskille kan maak.
Deur verskeie gemeenskapsprojekte, skenkingsinisiatiewe en uitreikaksies ondersteun ons individue en gesinne wat uitdagende tye beleef. Van warm maaltye en handgemaakte geskenke tot praktiese hulp en emosionele ondersteuning – ons werk saam met ons gemeenskap om hoop, waardigheid en menswaardigheid te bevorder.
Elke bydrae, hoe klein ook al, help ons om 'n positiewe verskil in iemand se lewe te maak